Gebak

Groot bloubessie-tert

(6 porsies)

  • 1 vel blaardeeg
  • 1 eier, geklits
  • 75 g (80 ml) botter
  • 50 g (60 ml) strooisuiker
  • 100 g fyn amandels
  • 400 g vars of bevrore bloubessies
  • 25 g (30 ml) strooisuiker

Verhit jou oond tot 200 °C. Plaas die blaardeeg op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Smeer die deeg met die geklitste eier. Room die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die amandels by en meng goed. Smeer die bottermengsel bo-op die deeg, maar los ’n oop rand van so 2 cm reg rondom. Smeer die bessies bo-op die bottermengsel en druk effens plat. Bak vir 35 – 40 minute. Wanneer jy dit uit die oond haal, sal die bo-laag nogal loperig wees, maar soos die tert afkoel, sal dit styf word. Besprinkel met die 25 g strooisuiker.