Gebak

Groot pizza-brood

  • 500 g Golden Cloud Cape Style Bread Mix
  • 1 eier
  • 500 ml karringmelk
  • 150 g sagte mozzarellakaas-balletjies
  • 100 g sampioene, in dik skywe gesny
  • 200 g rosa-tamaties, gehalveer
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 handvol vars basiliekruidblare, grofgebreek

Verhit jou oond tot 180 ˚C. Meng die broodmengsel, eier en karringmelk goed saam. Smeer die broodmengsel in ’n gesmeerde bakplaat van sowat 30 x 25 cm. Plaas die bakplaat in die oond en bak vir 10 minute. Rangskik nou die mozzarellakaas, sampioene en tamaties bo-op die deeg. Geur met sout en swartpeper. Sprinkel ’n derde van die vars basiliekruidblare oor en bak vir nog 30 minute. Strooi die res van die basiliekruidblare oor voor jy die pizzabrood voorsit.