Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Gebak

Grootste hoenderbroodjie

Die patee sal ʼn week in die yskas hou
(genoeg vir 4)

  • 20 ml olyfolie
  • 9 ontbeende hoenderdye
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 groen brandrissies, fyngekap
  • 1 rooi-ui, in skywe gesny
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde peper
  • 1 Franse brood
  • 40 g vars roket
  • 1 avokado, in skywe gesny
  • gemarineerde tamaties

Verhit olyfolie in pan. Braai hoender tot net bruin in olie. Voeg knoffel, brandrissies en ui by. Braai tot hoender gaar en ui sag is. Voeg suurlemoensap by en geur met sout en peper. Sny Franse brood in lengte oop. Plaas vars roket binne-in. Plaas avokado bo-op en skep hoender op. Skep van die gemarineerde tamaties bo-op vulsel en maak toe. Verdeel in vier stukke.

Wenk
Kyk op web vir resepte vir glutenvrye brode.