Ham-sampioen-en-kaaspastei

Ham-sampioen-en-kaaspastei FOTO Micky Hoyle

Gebak

Ham-sampioen-en-kaaspastei

genoeg vir 1 groot pastei

Verhit oond tot 180 °C. Smelt 15 ml botter in pan en braai 250 g sampioene (in skywe gesny) en 1 fyngedrukte knoffelhuisie tot sampioene net gaar is. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Laat sampioene afkoel en voeg 125 g ham (in blokkies gesny) en 200 g gerasperde emmentalkaas by. Voeg 4 grofgekapte vars basiliekruidblare by en meng goed. Skep vulsel op helfte van 1 x 400 g-vel blaardeeg en verf rande met 1 geklitste eier. Vou toe en druk rande stewig vas. Plaas op uitgevoerde bakplaat en plaas in oond. Bak 35 – 40 minute.