Hamburgerpastei

Hamburgerpastei FOTO Micky Hoyle

Gebak

Hamburgerpastei

genoeg vir 4 pasteie

Verhit oond tot 180 °C. Plaas 4 winkel-hamburger-patties op ’n bakplaat en sprinkel sowat 40 ml olyfolie oor. Bak tot gaar. Verhit 40 ml olyfolie in pan en braai 2 uie (in skywe gesny) en 1 fyngekapte knoffelhuisie tot sag en bruin. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Sny 8 groot sirkels uit 2 x 400 g-velle blaardeeg. Skep uie op 4 sirkels en plaas ’n skyf tamatie bo-op. Plaas ’n patty bo-op. Verdeel 100 g gerasperde wit cheddarkaas tussen 4 patties. Smeer rande van deegsirkels met 1 geklitste eier en maak toe met ander 4 deegsirkels. Smeer res van geklitste eier bo-op en versier met oortollige deeg. Plaas op uitgevoerde bakplaat en bak 30 – 35 minute.