Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Gebak

Hawermout-en-parmesaan-koekies

(16 – 18 koekies)

  • 250 g (270 ml) botter
  • 30 ml heuning
  • 5 ml sout
  • 200 g (625 ml) hawermout
  • 300 g (535 ml) bruinbroodmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 70 g parmesaankaas, gerasper
  • ekstra meel vir uitrol

Verhit oond tot 180 ˚C. Plaas botter, heuning en sout in ‘n middelslag-mengbak en klits tot lig en romerig. Voeg res van bestanddele by en meng tot stywe deeg. Plaas in yskas om te rus vir 30 minute. Rol deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 3 mm dik. Gebruik ‘n ronde koekiedrukker met deursnee van 5 cm en sny sirkels uit. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en gespuit is met kleefweerende sproei. Bak vir 20-25 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en sit voor saam met sterk kaas van jou keuse.

Wenk: Die deeg is baie bros, daarom moet jy versigtig werk as jy dit op die bakplaat sit. Laat die koekies heeltemal afkoel voor jy dit hanteer.