Gebak

Heel geroosterde hoender met groente

(4 – 6 porsies)

  • 125 g sagte botter (nie margarien nie)
  • hand vol vars salieblare, gekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 1 heel hoender
  • sap van 1 suurlemoen
  • 150 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 heel preie
  • 1 botterskorsie met skil, in skywe gesny
  • 8 Mediterreense aartappels (sny sowat 4 kepies net deur die skil)

Verhit oond tot 180 °C. Meng botter, salie, knoffel en suurlemoenskil goed saam. Maak vel aan borsgedeelte van hoender los sodat jy bottermengsel onder die vel kan indruk. Plaas hoender in ‘n oondroosterbak en gooi suurlemoensap en helfte van olyfolie oor. Geur met sout en swartpeper. Oondrooster vir sowat 30 minute. Pak groente om hoender. Gooi res van olyfolie net oor groente. Maak bak toe met tinfoelie en oondrooster vir nog sowat 1 uur totdat hoender gaar is en groente sag.

Om te drink: La Motte Chardonnay as jy witwyn wil drink, en Bilton Merlot as jy rooi verkies.

  • joqcnptxzki

    ZOFcwf fvfaaysfvjan, [url=http://lcjdvorzumhn.com/]lcjdvorzumhn[/url], [link=http://lvcwdxzzolay.com/]lvcwdxzzolay[/link], http://gxjeiayapomo.com/