Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Heel geroosterde lamsnek

(6 PORSIES)

  • 2 heel lamsnekke
  • 60 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 300 ml rooiwyn
  • 2 lourierblare

Verhit oond tot 160 °C. Plaas die lamsnekke in ’n oondroosterbak. Gooi die olyfolie en suurlemoensap oor. Smeer die knoffel oor die vleis en geur met sout en peper. Plaas in die oond vir 1 uur. Voeg geblikte tamaties, rooiwyn en lourierblare by. Laat vir nog 3 ure verder bak.

Om te drink: Shiraz met sy pepergeure sal die swartpeper in die gereg goed komplementeer. Allée Bleue se Shiraz pas perfek.