Herderspastei met patat-bolaag

FOTO Willem Lourens

Gebak

Herderspastei met patat-bolaag

Nou nie heeltemal in net een pot nie, maar die patatbolaag gee ’n lekker soet smaak aan die gereg.

genoeg vir 4

6 patats, geskil en in skywe gesny
60 g (75 ml) botter
sout en swartpeper
30 ml olyfolie
1 kg maer maalvleis
1 ui, fyngekap
400 g bruin sampioene, fyngekap
2 groot wortels, geskil en fyngekap
2 stingels seldery, fyngekap
500 ml beesaftreksel
50 g (60 ml) koekmeel

Verhit oond se rooster-element. Kook patats in ’n kastrol tot sag. Dreineer water en plaas terug in kastrol. Voeg botter by. Druk fyn met ’n vurk en geur met sout. Verhit olie in ’n diep kastrol. Braai maalvleis oor hoë hitte tot bruin en gaar. Voeg ui, sampioene, wortel en seldery by en braai nog 5 minute. Voeg aftreksel by en kook oop vir 15 minute. Voeg meel by en roer goed deur met houtlepel. Geur met sout en peper. Skep uit in opdienbak. Skep patat bo-op vleis en maak gelyk met lepel. Plaas onder warm element en bak sowat 10 minute. Sit warm voor.