Foto's deur Lee Malan

Foto's deur Lee Malan

Gebak

Herderspastei met patat-bolaag

(6 – 8 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 200 g tamatiepasta
  • 500 g maer beesmaalvleis
  • 1 x 410 g-blik kersietamaties
  • 250 ml rooiwyn
  • 45 ml origanum, gekap
  • hand vol pietersielie, gekap
  • 200 g bevrore ertjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper patat-bolaag
  • 3 patats, in dun, ronde skywe gesny
  • 1 eier, geklits
  • 15 ml kaneel

Verhit oond tot 180 ˚C. Verhit olie tot warm in middelslagpot. Voeg ui en knoffel by. Braai sowat 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Voeg tamatiepasta by en braai vir 2 minute. Voeg maalvleis by en braai nog 5 – 8 minute of tot begin verbruin. Voeg tamaties, rooiwyn, origanum en pietersielie by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 25 – 35 minute. Voeg ertjies by en kook 2 – 3 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Skep in groot oondvaste bak.

Patat-bolaag
Pak patat bo-op. Verf met geklitste eier. Geur goed. Sprinkel kaneel oor en sit in warm oond. Bak 30 – 40 minute of tot bolaag goudbruin en bros is. Sit warm voor.

  • Elsabe

    Patat klink lekker, maar hou nie van die kaneel oor nie. Sal dit nie gebruik.
    Andersins klink dit heerlik vir ‘n wintersdis saam met Ouma en Oupa oor die naweek.