stap 4 koek
Gebak

VIDEO: Herman se sjokoladekoek met ganache

’n Meesterstuk! Ganache, ’n sjokolademengsel wat as sous, vulsel of versiersel gebruik word, is maklik om te maak en laat elke koek soos ’n wenner lyk. Herman wys jou stap vir stap hoe om sy sjokoladekoek met ganache te maak. 

Koek

• 600 g (710 ml) suiker
• 70 g (175 ml) kakaopoeier
• 195 g (210 ml) botter
• 410 ml water
• 420 g (750 ml) koekmeel
• 10 ml koeksoda
• 10 ml bakpoeier
• 3 eiers
• 190 ml karringmelk

Ganache

• 650 g sjokolade van goeie gehalte, fyngekap
• 500 ml room

Metode

• Verhit oond tot 160 °C.
• Plaas suiker, kakao, botter en water in middelslagpot en bring tot kookpunt.
• Sit eenkant en laat afkoel.
• Sif meel, koeksoda en bakpoeier saam.
• Meng eiers, karringmelk en kakao-mengsel goed by die droë bestanddele.
• Spuit ringkoek-pan met volume van 2 ℓ met kleefwerende kossproei.
• Gooi beslag in pan en bak vir 40 – 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
• Laat afkoel vir 10 minute en keer uit op afkoelrak.

Stap vir stap – Ganache

Plaas fyngekapte sjokolade in skoon glasmengbak. Bring room tot kookpunt en gooi oor sjokolade. Roer met ’n rubber-deegskraper tot gladde mengsel.

stap 2 koek

Plaas afgekoelde koek op afkoelrak wat op ’n bakplaat staan. Gooi sjokolademengsel in een vinnige beweging oor die koek. Maak seker die hele koek is bedek. Skraap sjokolade wat in bakplaat lê op en herhaal proses nog twee keer.

stap 4 koek

Sit voor

Sodra die ganache gestol het, lig die koek versigtig met ’n slaplemmes van die rakkie af en plaas op ’n opdienbord.

Maak mooi

Rol vars kersies in versiersuiker en sit bo-op. Sit voor.

Wenk

Jy kan die sjokoladekoek tot 2 maande vries omdat daar baie vog in is. Bedek met
ganache en plaas in yskas om te stol. Bêre dan in ’n lugdigte houer in jou vrieskas.
Laat dit oornag ontdooi.

Lees ook

Nuwe kykNET-kosreeks Koekedoor begin binnekort

Nagereg | SARIE

Karamel-mousse-koek