Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS Augustus/September 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS Augustus/September 2014

Gebak

Hertzoggie-macaron

Tradisioneel word Hertzoggies met ’n klapper-bolaag gemaak. Vervang die klapper met fyn amandels en hy raak soos die Franse macaron.

Genoeg vir 12

Hertzoggie
• 100 g (180 ml) koekmeel
• knippie sout
• 5 ml bakpoeier
• 30 g (35 ml) strooisuiker
• 75 g (80 ml) sagte botter
• 2 eiergele
• 250 ml appelkooskonfyt

Macaron
• 100 g fyn amandels
• 100 g (190 ml) versiersuiker
• 100 g (120 ml) strooisuiker
• 30 ml water
• 80 g eierwit
• 5 ml pienk voedselkeursel

Bak Hertzoggies Plaas meel, sout, bakpoeier, strooisuiker en botter in elektriese menger se bak. Pols by hoë spoed tot fyn mengsel vorm. Gooi eier-gele by terwyl menger loop tot alles in een deegbal saamkom. Rol uit op meelbestrooide oppervlak. Sny 12 sirkels met’n deursnee van 10 cm uit. Voer 12 holtes van ’n kleefvrye muffinpan met volume van 60 ml elk daarmee uit. Skep konfyt in holtes en bak 12 – 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en haal uit pan. Maak macarons Verhit oond tot 140 °C. Sif amandels en versiersuiker 3 keer saam. Weeg weer om seker te maak dis steeds 200 g. Voeg nog suiker en amandels by indien dit minder is. Bring 100 g strooisuiker en water tot kookpunt in ’n middelslag-pot. Kook tot by 110 °C op suiker-termometer – so 5 – 8 minute. Klits 40 g van die eierwitte tot sagte punte vorm en gooi suikerstroop geleidelik by om meringue te maak. Hou aan klits tot blink en styf. Voeg oorblywende eierwitte en kleursel by amandelmengsel. Meng om stywe pasta te maak. Vou meringue liggies by amandel-mengsel in. Skep mengsel in spuitsak met 1 cm-skerprand-tuit (plain nozzle). Voer 2 bakplate uit met bakpapier en spuit ronde sirkels van 2 cm in deursnee op papier. Bak 12 – 15 minute of tot bros en gaar. Laat afkoel op papier. Plaas macaron op elke gebakte Hertzoggie en sit voor.