Foto's deur Donna Lewis

Gebak

Heuning-appeltert met volkoring-kors

(6 porsies)

kors

  • 280 g (500 ml) bruinbroodmeel
  • 155 g (170 ml) botter
  • 30 ml strooisuiker
  • 30 ml water

vulsel

  • 60 ml botter
  • 45 ml bruinsuiker
  • 60 ml heuning
  • 12 appels, ontklok, geskil en in kwarte gesny
  • 2 heel kaneelstokkies
  • 3 heel ster-anyse

Verhit oond tot 180 ˚C. Plaas meel, botter en strooisuiker in voedselverwerker. Verwerk tot die tekstuur van growwe broodkrummels. Voeg water by en verwerk tot alles in een bal saamkom. Draai toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir 30 minute. Vir die vulsel: Plaas botter, bruinsuiker en heuning saam in ‘n pot. Bring tot kookpunt. Voeg appel, kaneel en steranys by. Sit deksel op pot en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 8 – 10 minute of tot appels sag maar nie pap is nie. Skep appels in ‘n oondvaste 30 cm-bak. Rol deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak tot sowat 3 mm dik uit. Plaas boop appels en sny rand netjies af. Druk deeg op kant vas met vingerpunte. Plaas in warm oond en bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met laevetroom.