Foto's deur Micky Hoyle & Donna Lewis

Foto's deur Micky Hoyle & Donna Lewis

Gebak

Heuningkoek-poeding

Dié poeding sal ’n gunsteling in jou huis word.

6 Porsies

• 200 g (250 ml) suiker
• 120 g (215 ml) koekmeel
• knippie sout
• 5 ml koeksoda
• 125 g (135 ml) botter
• 125 ml lou melk
• 250 ml gouestroop
• 4 eiers, geklits

Verhit oond tot 180 °C. Sif droë bestanddele saam. Smelt botter in lou melk. Voeg stroop daarby en meng goed. Kombineer die twee mengsels en roer die geklitste eiers by. Skep mengsel in gesmeerde oondbak van so 20 x 15 cm. Bak vir 40 – 45 minute. Sit voor saam met room of vla.