WoodenSpoon Promosie

Gebak

Heuningkoekpoeding

WoodenSpoon Promosie resep

Genoeg vir 6

• 120 g (250 ml) koekmeel
• knippie sout
• 5 ml koeksoda
• 200 g (250 ml) suiker
• 125 g (135 ml)WoodenSpoonYellow Margarine, in blokkies gesny
• 125 ml melk
• 250 ml goue stroop
• 4 eiers, geklits
• versiersuikerombo-oor te sif

Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, sout en koeksoda saam in ’n mengbak. Voeg suiker by en meng deur. Plaas margarien en melk in ’n kastrol en verhit tot margarien gesmelt is. Haal af van hitte en laat staan sowat 5 minute. Voeg goue stroop by en meng deur. Voeg eiers by gesmelte margarienmengsel en meng deur. Voeg by droë bestanddele en meng goed deur. Skep in ’n bak van sowat 20 cm in deursnee en plaas in oond. Bak 40 – 45 minute. Haal uit en sit warm voor met mascarpone-kaas.