sk0609poedings01
Gebak

Heuningkoekpoeding

6 porsies

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 120 g (215 ml) koekmeel
  • knippie sout
  • 5 ml koeksoda
  • 125 g (135 ml) botter
  • 125 ml louwarm melk
  • 250 ml gouestroop (sien bl. 98)
  • 4 eiers, geklits

Verhit oond tot 180 ºC. Sif droë bestanddele saam. Smelt botter in lou melk. Voeg stroop daarby en meng goed. Kombineer die twee mengsels en roer die geklitste eiers by. Skep mengsel in gesmeerde oondbak van so 20 x 15 cm. Bak vir 40 – 45 minute. Sit voor saam met room of vla.