Heuningtert
Gebak

Heuningtert

•    500 g heuning
•    200 g botter, kamertemperatuur
•    250 ml melk
•    300 g koekmeel

Verhit die oond tot 180 °C. Smeer twee 23 cm-losboom koekpanne. Sit die heuning in ‘n mengbak. Voeg die botter en ‘n klein bietjie van die melk by en meng met ‘n elektriese handklitser tot puree. Voeg die res van die melk en meel by. Meng goed met die elektriese menger  tot glad. Verdeel die mengsel in die koekpanne en bak vir 30 – 40 minute tot goudbruin. Dit moet van die kante van die pan wegtrek. Sny die tert eers wanneer dit afgekoel het.