Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Hoender-en-varkvleis-terrien

(8 – 10 porsies)

  • 3 lourierblare
  • 3 – 4 vars tiemietakkies
  • 500 g repiespek (streaky)
  • 400 g gerookte kasslersteaks, grofgekap
  • 500 g varkfilet, grofgekap
  • 1 ui, grofgekap
  • handvol pietersielie
  • 2 knoffelhuisies
  • 250 g hoenderlewers
  • 10 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 eier, geklits
  • 3 ontbeende hoenderborsies, sonder vel

Verhit oond tot 180 °C. Sit lourierblare en tiemietakkies onderin ‘n terrien-bak. Voer terrien-bak of ‘n broodpan van sowat 28 x 10 cm uit met spek. Hou van die spek om op die vulsel te sit. Kap kassler-steaks, varkfilet, ui, pietersielie en knoffel in voedselverwerker fyn. Haal mengsel uit en maak die hoenderlewers fyn in voedselverwerker. Voeg by ander vleis. Geur met sout en peper. Voeg eier by en meng goed. Sny hoenderborsies in dik repe. Skep helfte van vleismengsel in bak en pak ‘n laag hoenderrepies bo-op. Skep res van vulsel bo-op en maak toe met res van spek. As jy ‘n terrien-bak gebruik, maak toe met deksel. As jy ‘n broodpan gebruik, maak dit toe met tinfoelie. Sit terrienbak in ‘n groot oondroosterbak en vul die bak met kookwater tot in helfte van die bak. Sit in warm oond vir 1½ uur. Haal uit en laat afkoel in bak.