Hoender-ham-en-preipastei

Hoender-ham-en-preipastei FOTO Micky Hoyle

Gebak

Hoender-ham-en-preipastei

genoeg vir 4 hoender-ham-en-preipasteie

Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel sowat 40 ml olyfolie in ’n oondbak en pak 4 hoenderdye in bak. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en plaas in oond. Bak tot hoender gaar is. Verhit 40 ml olyfolie in pan en braai 4 gesnyde baba-preie en 2 knoffelhuisies tot preie sag is. Breek hoender van bene af en sny in blokkies. Voeg by preie en voeg 125 g ham en 125 ml room by. Laat prut oop tot sous verdik het. Laat afkoel. Voer 4 vierkantige foeliepasteibakkies uit met 2 x 400 g-velle blaardeeg. Skep vulsel in en maak bakkies toe met deegdoppies. Verf met 1 geklitste eier en versier bo-op met oortollige deeg. Plaas in oond en bak 35 – 40 minute.