Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Gebak

Hoender-in-rooiwynpastei

Vir so ʼn groot pastei is warmwater-pasteideeg ideaal. Die Deeg behou die vorm van die pastei die beste
(genoeg vir 8 – 10)

  • 40 ml olyfolie
  • 8 hoenderdye
  • 8 hoenderboudjies
  • 250 g strepiespek (streaky), in blokkies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 30 g (30 ml) koekmeel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 5 ml gemengde droë kruie
  • 2 lourierblare
  • 70 g tamatiepasta
  • 500 ml rooiwyn
  • 250 ml hoenderaftreksel

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in kastrol. Braai hoenderstukke tot mooi bruin. Haal uit en hou eenkant. In dieselfde kastrol, braai die spek en ui saam. Voeg meel by en meng goed. Plaas hoenderstukke terug in kastrol. Geur met sout en peper en voeg kruie by. Voeg lourierblare en tamatiepasta by. Voeg rooiwyn en aftreksel by. Maak kastrol toe met deksel en plaas in oond. Oondbraai 1½ uur. Haal deksel af en oondbraai nog ½ uur. Haal uit en laat afkoel. Verwyder al die bene en maak vleis fyner. Laat verkieslik oornag in yskas heeltemal koud word.

Warmwaterdeeg

  • 225 g (400 ml) koekmeel
  • 250 ml water
  • 225 g (245 ml) botter, in blokkies gesny
  • 1 eier, geklits

Verhit oond tot 200 °C. Sif meel in mengbak. Plaas water en botter in ’n kastrol. Verhit tot botter gesmelt is en bring tot kookpunt. Wanneer dit begin kook, haal af. Maak holte in middel van gesifte meel. Gooi water-botter-mengsel in holte en maak aan met houtlepel. Keer uit op meelbestrooide oppervlak. Knie die deeg goed bymekaar. Wees versigtig, want dis warm. Moenie dat die deeg koud word nie. Rol 2/3 daarvan uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Voer gesmeerde 25 cm-losboom-koekpan uit met deeg. Maak seker die deeg hang oor die rand van die koekpan. Skep vulsel in. Rol res van deeg uit op meelbestrooide oppervlak. Plaas bo-op vulsel. Vou die deeg wat oor die rand hang om en knyp aan boonste deeglaag vas. Verf met geklitste eier. Maak gaatjie in die middel van die bolaag. Gebruik ’n oortollige stukkie deeg en vorm ’n lang strokie. Krul dit om die gaatjie. Druk blaartjies uit met koekiedrukker en plaas bo-op. Verf met geklitste eier. Plaas koekpan op bakplaat en plaas in oond. Bak 11/4 uur. Haal uit en verwyder die rand en bodem van die pan. Sit warm voor.