sk1010.6uur3
6 uur tuis, eet half 7

Hoender-quesadillas met avokado en feta

genoeg vir 4 – 6 porsies

• 4 (500 g) hoenderborsies
• 45 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, gekap
• sap van 2 suurlemoene
• 8 tortillas
• 2 avokado’s, met ‘n vurk fyngedruk
• 200 g fetakaas
• ½ ui, fyngekap
• 2 tamaties, grofgekap
• hand vol vars koljander, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 ˚C. Plaas hoender in ‘n oondvaste bak en sprinkel eers olyfolie, dan gekapte knoffel en suurlemoensap oor. Rooster vir 20 minute of tot goudbruin en gaar. Plaas 4 tortillas op bakplate en smeer avokado met ‘n lepel se agterkant oor. Breek gaar hoender in stukke en verdeel tussen tortillas. Krummel fetakaas oor, gevolg deur gekapte ui en tamatie. Sprinkel koljander oor en geur goed met sout en swartpeper. Plaas tweede tortilla bo-op elkeen en druk stewig vas. Plaas terug in warm oond en bak vir 10 – 15 minute of totdat fetakaas gesmelt is. Sny in kwarte met ‘n skerp mes en sit warm voor.

  • srwwglkgy

    lI5ylA jeoitsvlgbhg, [url=http://lhmedaacmskz.com/]lhmedaacmskz[/url], [link=http://nlhshadugajw.com/]nlhshadugajw[/link], http://rwiummofykwt.com/