Foto deur Mickey Hoyle
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Gebak

Hoender-samoesas

My basiese hoenderkerrieresep, effens aangepas, werk hier baie goed as vulsel.
Vulsel genoeg vir sowat 25 – 40

• sowat 30 ml sonneblomolie
• 680 g ontbeende hoenderdye, in blokke gesny
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 10 ml fyn komyn
• 10 ml fyn koljander
• 1,25 ml fyn kaneel
• 1,25 ml fyn gemmer
• 5 ml borrie
• 15 ml garam masala
• 2 tamaties, in blokkies gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 ml kookwater
• 5 – 10 ml groen brandrissie, fyngekap
• 30 ml suurlemoensap
• hand vol vars koljander, fyngekap
• 1 pak samoesa-deeg

Verhit olie in ’n kastrol. Voeg hoender by en braai sowat 5 minute. Voeg ui en knoffel by. Braai tot ui sag en deurskynend is. Voeg komyn, koljander, kaneel, gemmer, borrie en masala by. Braai sowat 5 minute. Voeg tamaties by en geur met sout en peper. Gooi water by en maak kastrol toe met deksel. Laat prut ½ uur. Haal deksel af en voeg brandrissie, suurlemoensap en koljander by. Laat prut oop vir nog ’n ½ uur. Die meeste van die sous moet weggekook wees. Laat heeltemal koud word voor jy jou samoesas vou en diepbraai