mg_0339
Gebak

Hoender-spek-camembertkaas-en-rooi-ui-tert

(genoeg vir 4)

Gaarmaaktyd: 30 minute

  • 400 g blaardeeg, ontdooi en uitgerol
  • 30 ml olyfolie
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 prei, in ringe gesny
  • 2 hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 250 g spek, in blokkies gesny
  • 5 ml paprika
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml room
  • 3 eiers
  • 125 g camembertkaas, in repe gesny

Verhit oond tot 200 °C. Plaas deeg in ’n tertpan met ’n deursnee van 14 cm wat met kleefwerende sproei gespuit is. Voer pan uit met deeg en sny oortollige deeg af wat oorhang. Plaas in yskas tot benodig. Verhit olyfolie in ’n pan. Braai ui, knoffel, prei, hoender, spek en paprika saam tot bruin van kleur. Geur vulsel met sout en peper. Meng room en eiers goed saam. Skep vulsel binne-in deeg, gooi roommengsel bo-oor en pak camembert bo-op. Bak in oond tot gestol en bruin van kleur, sowat 20 minute.

Wenk

Kyk op SARIE.com vir nog lekker tertvulsel-idees.