Hoenderkebabs
Gebak

Hoenderkebabs

Jy kan die kebabs op die kole of in die oond gaarmaak.

(4 porsies)

  • 8 hoenderdye
  • ROBERTSONS ATLANTIC SEA SALT en varsgemaalde ROBERTSONS BLACK PEPPER na smaak
  • 100 ml olyfolie
  • 30 ml ROBERTSONS BARBECUE SPICE
  • sap van halwe suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 groot ui, in kwarte gesny
  • sowat 200 g kersietamaties, op die rank
  • 30 ml olyfolie
  • 4 pitabrode

Ontbeen die hoenderdye, maar hou die vel aan. Geur met sout en swartpeper. Meng die 100 ml olyfolie, ROBERTSONS BARBECUE SPICE, suurlemoensap en knoffel. Gooi dié marinade
oor die hoenderdye en laat vir sowat 30 minute marineer. Ryg twee stukke hoender op ’n sosatiestokkie met ’n uikwart tussen-in. Smeer van die marinade op die ui. Herhaal met
al die hoender en ui-kwarte. Braai die kebabs tot gaar, of rooster hulle in die oond teen 200 °C vir sowat 30 minute. Plaas die kersietamaties op ’n bakplaat en bedruip met die 30 ml olyfolie. Plaas in die warm oond en rooster vir sowat 10 minute tot die tamaties begin oopbars. Sit voor saam met die kebabs en pitabrode.