Gebak

Hoenderpakkies

(4 porsies)

  • 4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
  • 15 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 15 ml ROBERTSONS Chicken Spice
  • 8 bok choy-blare (Chinese kool – as jy nie kan kry nie, vervang dit met vars spinasieblare)
  • 16 mange tout-ertjies (“mange tout” beteken “eet alles”; dis jong ertjies in die peule)
  • 4 murgpampoentjies, in dun skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sowat 30 ml olyfolie

Verhit jou oond tot 200 °C. Plaas 4 stukke tinfoelie van sowat 30 x 30 cm elk op ’n bakplaat. Plaas bakpapier van dieselfde grootte bo-op die tinfoelie. Gooi suurlemoensap oor die hoenderborsies en geur weerskante met sout, swartpeper en Robertsons Chicken Spice. Pak die bok choy-blare, mange tout-ertjies, murgpampoentjies en knoffelhuisies op die bakpapierstukke. Plaas die hoenderborsies bo-op die groente. Sprinkel olyfolie oor. Vou die pakkies eers toe met die bakpapier en dan die tinfoelie. Moenie die pakkies té styf toemaak nie; los ruimte sodat die bestanddele kan gaar stoom. Bak in die oond vir 15 – 20 minute.