5 bestanddele

Hoenderpastei

(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 4 ontbeende hoenderborsies (sonder vel), in stukke gesny
  • 1 blik (400 g) kersietamaties
  • 1 vel (400 g) blaardeeg
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in ‘n kastrol. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg hoender by en braai verder tot bruin. Voeg tamaties by en geur met sout en peper. Laat prut tot gaar. Gooi in oondbak en laat afkoel. Plaas deeg bo-op en verf met bietjie geklitste eier. Plaas in warm oond en bak vir sowat 35 – 40 minute tot deeg gaar en bros is.

ekstra
Voeg gebraaidespek by vir nog geur.