FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Hoenderstukke gebak met tamatie

4 – 6 porsies
30 minute

• 8 hoenderstukke
• 600 g kersietamaties, gehalveer
• 100 g ontpitte swart olywe
• 4 knoffelhuisies, gekap
• 200 g chorizo-wors, in ringe gesny
• hand vol tiemie, gekap
• 60 ml olyfolie
• 250 ml witwyn
• sap en skil van 1 suurlemoen
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 220 °C. Plaas hoenderstukke, tamaties, olywe, knoffel, chorizo-wors en tiemie in ’n oondbak. Gooi olyfolie en wyn oor, en sprinkel sap en skil van suurlemoen oor. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in warm oond en bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.