Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Gebak

Hoendervlerkies met bloukaas-doopsous

(4 porsies)

Sny punte van 16 hoendervlerkiesaf. Verhit oond tot 180 °C. Sit hoendervlerkies in oond-bak met 15 ml olyfolie. Gooi 90 ml worcestersous, sap van ½ suurlemoen en 2 fyngekapte knoffelhuisies oor hoender.Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas bak in oond en oondbraai vir 1 uur. Sit 100 g bloukaas en 250 g crème fraîche in ’n voedselverwerker. Meng tot gladde pasta en hou in yskas tot benodig. Haal hoender uit oond en sit voor saam met bloukaas-doopsous.