Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Gebak

Individuele gebakte alaska

Die geheim hier is dat die roomys baie hard moet wees en dat die meringue dit heetemal moet bedek. Die meringue verseël die roomys, sodat dit nie dadelik smelt wanneer jy dit in die oond sit nie.
(Genoeg vir 4)

  • 4 eierwitte
  • knippie sout
  • 100 g (120 ml) strooisuiker
  • 5 ml mielieblom
  • 1 (280 g) madeira-koek
  • vanieljeroomys

Verhit oond tot 180 °C. Klits eierwitte en sout tot stywe-punt-stadium in elektriese menger – sien kassie op die web. Voeg suiker lepel vir lepel by terwyl eierwitte heeltyd geklits word. Klits mielieblom by. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier. Halveer die Madeira-koek in die lengte. Sny twee sirkels uit elke helfte en sit op bakplaat. Skep ’n groot lepel roomys op elke sirkel. Smeer dik laag meringue oor. Maak seker alles is goed bedek met die meringue. Plaas in warm oond vir sowat 5 minute tot meringue net begin bruin word. Haal uit en sit dadelik voor.