FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Gebak

Individuele malvapoedings

10 poedings

• 30 ml botter
• 200 g (250 ml) suiker
• 2 eiers, geklits
• 280 g (500 ml) koekmeel, gesif
• 10 ml koeksoda
• 190 ml melk
• knippie sout
• 30 ml fyn appelkooskonfyt
• 30 ml bruinasyn

Verhit oond tot 180 ºC. Spuit houers met kleefwerende kossproei. Room botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg geklitste eiers by en vou gesifte meel in. Meng koeksoda met melk en voeg saam met die res van bestanddele by mengsel. Verdeel mengsel in houers en bak vir 25 – 30 minute. Toets met dun pennetjie om seker te maak hulle is gaar. Maak die sous terwyl die poedings bak.

Sous

• 1 blik ingedampte melk (Ideal-melk)
• 250 ml warm water
• 400 g (500 ml) suiker
• 30 ml botter
• 5 ml vanieljegeursel

Gooi ingedampte melk, water en suiker in ’n kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy heeltyd roer. Die suiker moet gesmelt wees voor die mengsel kook. Voeg die botter en geursel by. Jy moet die sous onmiddellik oor die poedings gooi wanneer dit uit die oond kom. Skep die sous oor elke poeding. Dit kan ’n tydjie neem, want jy moet dit bietjie vir bietjie oorskep. Dit gaan lyk of die sous te veel is, maar al die sous sal intrek.