sarie114
Gebak

Jogurt-en-kaneelkoekies

(10 klein koekies)

Baktyd – 45 minute

Koekbeslag

  • 185 g (200 ml) sagte botter
  • 315 g (375 ml) strooisuiker
  • 375 ml bulgaarse jogurt
  • 7 ml vanieljegeursel
  • 315 g (560 ml) koekmeel
  • 12 ml bakpoeier
  • knippie sout

Vulsel

  • 100 g (125 ml) moskovado-suiker
  • 50 g (125 ml) fyn amandels
  • 10 ml kaneel

Botterversiersel

  • 130 g (250 ml) versiersuiker
  • 115 g (125 ml) botter
  • 45 ml melk

Versiering

  • fondantversiersel
  • suikerblommetjies

Koekbeslag
Room botter en strooisuiker tot lig. Klits jogurt en vanieljegeursel by en meng goed. Dit gaan lyk of die mengsel geskif het, maar wanneer die droë bestanddele bykom sal als bymekaar kom. Sif meel, bakpoeier en die sout saam. Voeg droë bestandele by die jogurt-bottermengsel. Laat staan die beslag vir 30 minute. Verhit oond tot 180 °C.
Vulsel Meng die moskovado-suiker, amandels en kaneel vir die vulsel. Spuit klein 7,5 cm-losboompannetjies   met kleefwerende kossproei. Skep sowat 1½ eetlepel van die beslag in elke pannetjie. Sprinkel 1 – 2 teelepels van die vulsel bo-oor en bedek met nog 1 – 2 eetlepels beslag. Bak vir 45 minute. Toets met dun pennetjie om seker te maak die koekies is gaar.
BotterversierselKlits al die bestanddele saam met ’n elektriese klitser. Smeer koekies met ’n dun lagie versiersel. Rol die fondant 2 cm dun uit op ’n oppervlak wat met mielieblom besprinkel is. Bedek koekies versigtig en probeer om so min moontlik voue in die fondant te maak. Sny ekstra fondant noukeurig af. Meng sowat 30 ml versiersuiker met ’n klein bietjie water tot ’n pasta en gebruik dit om die blommetjies vas te plak.