FOTO: Micky Hoyle

FOTO: Micky Hoyle

Gebak

Jou nommer 1- sjokoladepoeding

Die Bar-Ones maak dié poeding ekstra lekker.

(5 PORSIES)

  • 3 groot eiers
  • 250 ml sonneblomolie
  • 250 ml sterk swart koffie
  • 1 boks sjokoladekoekmengsel
  • 2 x 100 g-Bar-Ones

Sous

  • 250 ml kookwater
  • 30 ml kakao
  • 60 ml suiker
  1. Verhit oond tot 180 °C. Gebruik ’n elektriese menger en breek die eiers in die bak. Voeg olie by en klits teen ’n hoë spoed vir 10 minute. Voeg die koffie by en klits vir 5 minute.
Stap 1

Stap 1

2.Voeg die pakkie koekmengsel by die eiermengsel en meng goed.

Stap 2

Stap 2

3. Sny sjokolade in stukke en voeg by. Meng deur. Verdeel mengsel in 5 gesmeerde emaljebekers (250 ml elk). Plaas bekers op ’n bakplaat. Bak vir 50 minute. Druk ’n dun pennetjie in die poedings om te toets dat dit gaar is.

Stap 3

Stap 3

4. Plaas bestanddele vir sous in kastrol. Kook vir 5 minute oor lae hitte. Gooi sous oor warm poedings.

Stap 4

Stap 4