sk0409sesuur04
Gebak

Kaas-en-tamatie-tert

30 minute – 4 porsies

  • 1 vel broskorsdeeg
  • 40 ml botter
  • 4 preie, in skywe gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 4 middelslag-tamaties, in skywe gesny
  • 3 fetakaaswiele, versigtig gehalveer sodat jy 6 wiele het
  • 250 ml room
  • 3 eiers
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 200 ºC. Voer ’n gesmeerde quiche-pan van 15 cm met die deeg uit. Smelt die botter in ’n pan en braai die preie en knoffel saam vir sowat 5 minute. Skep dit in die uitgevoerde pan en versprei egalig. Rangskik die tamaties en fetakaaswiele bo-op die preie. Plaas die quiche-pan op ’n bakplaat. Klits die room en eiers saam en gooi oor die vulsel. Geur met swartpeper en plaas versigtig in die warm oond. Bak tot die eier en room gestol is.