Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Kaasmuffins

(6 groot muffins)

  • 240 g bruismeel
  • 3 ml sout
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 eier
  • 225 ml melk
  • 50 ml gesmelte botter
  • 250 g sterk cheddarkaas, gerasper

Sit die meel, sout en bakpoeier in ’n mengbak. Klits die eier en melk saam. Ek smelt sommer my botter in die mikrogolfoond en meet die presiese hoeveelheid af. Voeg die eier-en-melkmengsel saam met die gesmelte botter by die meel. Moenie te veel meng nie. Voeg die gerasperde kaas by en meng deur. Skep in ’n gesmeerde muffinpannetjie en bak vir 15-20 minute op die middelrak van ’n voorverhitte oond teen 220 °C. Sit voor met botter en jou gunstelingkonfyt – of jy kan dit net so eet.