FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

Gebak

Kant-pannekoek met roomys

Daar is waarskynlik nie ’n kerkbasaar of skou waar Kook en geniet se pannekoek-resep nie gehelp het om geld in te samel nie. Hierdie resep flop nooit nie, nie eens die eerste pannekoek nie!

Bak dié baie mooi pannekoek met S.J.A. de Villiers se resep.

genoeg vir 6

  • 2 eiers
  • 375 ml melk
  • 125 ml koue water
  • 30 ml olie
  • 210 g (375 ml) koekmeel
  • 2,5 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 30 ml kakaopoeier
  • sonneblomolie vir braai
  • roomys van jou keuse vir voorsit

Meng eiers, melk, water en olie in groot mengbak. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg by melkmengsel en klits met draadklitser tot goed gemeng. Deel beslag in twee. Voeg vanielje by een helfte en meng kakao by ander helfte. Verhit ’n klein bietjie olie in ’n braaipan tot warm. Skep ’n eetlepel vol vanielje-beslag en laat loop in dun straal terwyl jy patrone maak in die pan. Herhaal met die sjokolademengsel tot dit ’n “kant”-patroon vorm. Braai vir ’n paar sekondes en draai om. Herhaal tot al die beslag opgebruik is. Sit voor met roomys van jou keuse.

Kant-pannekoek met roomys

FOTO: Donna Lewis