FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Gebak

Karamel-broodpoeding

(6 – 8 porsies)

• 1 kg winkeldeeg
• 375 ml (1½ koppie)bruinsuiker
• 500 ml room
• 20 ml fyn kaneel
• 60 ml botter

Kry jou kole warm as jy die poeding op die Weber gaan gaarmaak. Verhit andersins jou oond tot 180°C. Verdeel die deeg in 18 balletjies en rol elkeen in bruinsuiker. Verdeel die helfte van die oorblywende bruinsuiker onder in ’n tinfoelie Weberbak. Pak die deegballetjies bo-op suiker gevolg deur res van bruinsuiker. Gooi room en kaneel bo-oor. Plaas in warm Weber met deksel bo-op, luggate half oop (of plaas dit in die warm oond.) Bak vir 45 – 60 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met ekstra
room of roomys.

WENK: Onthou om die deeg reeds die vorige dag by jou supermark se bakafdeling te bestel.