Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Gebak

Karamel-sjokoladekoppiekoekies

ʼn Ander manier van koekies bak.
(sowat 38 koekies)

  • 250 g (270 ml) botter
  • 200 g (240 ml) strooisuiker
  • 2 ml vanieljegeursel
  • 1 eier
  • 480 g (860 ml) koekmeel
  • 40 g (100 ml) kakao
  • 10 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • 25 ml water

Verhit nou oond tot 200 °C. Plaas botter en suiker in elektriese menger se bak. Verwerk tot lig en romerig. klits geursel en eier saam. Voeg by bottermengsel en meng goed. sif droë bestanddele saam. Voeg by bottermengsel saam met water en meng tot deeg vorm. skep hoë teelepels vol deeg in jou hand en rol in balletjies. Plaas in gesmeerde muffinpannetjies met deursnee van so 3½ cm. Plaas pannetjies op bakplate en sit in oond. Bak 9 minute en haal uit. Gebruik ’n 2 cm-koekie-uitdrukker en druk ’n effense gaatjie in elke koekie. Hol nou die koekie effens uit sodat karamelvulsel (sien volgende resep) in die holte geskep kan word. Vul al die koekies met karamel en plaas terug in oond vir 3½ minute. Haal uit en laat afkoel.

Karamelvulsel

  • 1 blik (385 g) kondensmelk
  • 30 ml goue stroop
  • 60 g (65 ml) botter

Plaas al die bestanddele in ’n kastrol. Plaas op lae hitte op stoof en meng. Bring tot kookpunt terwyl jy roer en laat kook 2 – 3 minute tot dit ’n mooi karamelkleur kry. Haal af van hitte en laat effens afkoel voor jy dit in die sjokoladekoekies skep.