sk08_2poeding04
Gebak

Karamelpoeding

(4 – 6 porsies)

  • 100 g (125 ml) bruinsuiker
  • 175 g (315 ml) bruismeel
  • 125 ml melk
  • 1 eier
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 50 g (50 ml) botter, gesmelt
  • 150 g karamelblokkies, middeldeur gesny
  • roomys, om voor te sit

Sous

  • 200 g (250 ml) bruinsuiker
  • 30 ml botter
  • 500 ml kookwater

Verhit jou oond tot 190 °C. Smeer ’n langwerpige oondbak van sowat 27 cm x 20 cm met botter. Meng die bruinsuiker en bruismeel in ’n groot mengbak. Klits die melk, eier, vanieljegeursel en gesmelte botter saam. Voeg hierdie mengsel nou by die meel-en-suikermengsel en meng goed met ’n houtlepel. Vou die karamelblokkies in die beslag en giet in die oondbak. Sprinkel die 200 g bruinsuiker oor en stip met die 30 ml botter. Giet die kookwater oor en bak vir 40 – 45 minute. Sit voor met roomys.