Micky Hoyle

Micky Hoyle

Gebak

Karringmelkskons

Die karringmelk wat by die droë bestanddele gevoeg word, vervang die eier in die resep.
Sowat 12 skons

• 400 g (715 ml) koekmeel
• 100 g (120 ml) strooisuiker
• 2,5 ml bakpoeier
• 2,5 ml koeksoda
• 3 ml sout
• 175 g (190 ml) botter, in blokkies gesny
• 250 ml karringmelk
• 1 eier, geklits, om bo-op te verf

Plaas oondrak in middel van oond. Verhit oond tot 220 °C. Sif meel, strooisuiker, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n mengbak. Voeg botter by en vryf in meel in tot dit soos broodkrummels lyk. Maak holte in middel van meelmengsel en voeg karringmelk by. Meng goed. Keer uit op meelbestrooide oppervlak en maak seker die deeg is lekker gemeng. Druk deeg plat – sowat 3 cm dik. Druk skons uit met ’n koekiedrukker. Voeg oortollige deeg saam en druk nog skons uit. Plaas skons ’n paar sentimeter uitmekaar op ’n gesmeerde bakplaat. Smeer bietjie geklitste eier bo-op elke skon en plaas in oond. Bak 15 – 20 minute. Haal uit en sit warm voor met botter en konfyt.

Wenk
Maak seker jy smeer die geklitste eier net bo-op die skons en nie aan die kante nie, want dit sal verhinder dat dit mooi rys.