Donna Lewis

Donna Lewis

Bykos

Kerriebotterskorsie-samoesas

Vir jou vegetariese spyskaart.
genoeg vir 24

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 20 ml vinkelsaad
  • 30 ml heel komyn
  • 15 ml gedroogde brandrissie
  • 30 ml masala
  • 60 ml water
  • 2 (sowat 800 g) botterskorsies, geskil en in groot stukke gesny
  • 1 x 400 ml-blik klappermelk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 24 velle samoesadeeg (sien bl. 152)
  • sonneblomolie vir diepbraai
  • 45 ml meel gemeng met 45 ml water tot pasta

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie in middelslagpot. Voeg ui, vinkel en
komyn by en braai vir 5 minute.Voeg brandrissie, masala en water by en
braai vir nog 5 minute of tot geurig. Plaas botterskorsie in pot en braai
vir nog 2 minute. Gooi klappermelk by en geur met sout en peper. Bring
tot kookpunt en maak pot toe. Plaas in oond en bak vir 30 – 45 minute of
tot botterskorsie gaar is en ’n dik sous gevorm het. Laat afkoel.
Vou samoesa so 1. Plaas ’n reghoekige strook samoesadeeg op werkoppervlak.
2. Skep ’n bietjie vulsel op die tweede driehoek (sien skets). 3. Vou boonste
hoek van die deeg oor die vulsel sodat jy ’n driehoek met vulsel tussenin het.
4. Lig die driehoek met vulsel op en vou na regs. Hou so aan tot
die hele strook deeg opgevou is. 5. Verf die eindpunt van die
deeg met meel-en-watermengsel en druk stewig vas. 6. Verhit
sonneblomolie tot warm en diepbraai samoesas tot goudbruin en
bros. Dreineer en sit warm voor.