Kerrielamsvleispastei

Kerrielamsvleispastei FOTO Micky Hoyle

Gebak

Kerrielamsvleispastei

genoeg vir 4 pasteie

Verhit oond tot 180 °C. Verhit sowat 50 ml olyfolie in ’n groot kastrol. Voeg 570 g lamsvleisblokkies by en braai tot bruin. Voeg 1 fyngekapte ui en 2 fyngekapte knoffelhuisies by en braai 5 minute. Voeg 5 ml borrie en 15 ml kerriepoeier by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Voeg 250 ml kookwater by en maak kastrol toe met deksel. Plaas in oond en bak 1½ uur tot vleis sag is. Haal uit en voeg 15 ml blatjang by. Laat vulsel afkoel. Voer 4 groot holtes van ’n muffinpan uit met 2 x 400 g-velle blaardeeg. Skep vulsel in en draai lang stroke oortollige deeg bo-op. Verf met 1 geklitste eier. Plaas in oond en bak 35 – 40 minute.