Gebak

Kersfees-glaskoekies

(sowat 15 koekies)

  • 250 g (445 ml) koekmeel
  • 80 g (95 ml) strooisuiker
  • 125 g (135 ml) koue botter, in blokkies gesny
  • 1 eiergeel
  • 35 ml water
  • 15 Sparkles-suiglekkers, opgekap met ‘n koekroller

sr0911bak_en_brou04_200w.jpgSTAP 1

Verhit oond tot 180 °C. Gooi meel, suiker en botter in voedselverwerker
en meng totdat dit soos fyn broodkrummels lyk. Meng eiergeel en water. Voeg dit stadig by meelmengsel terwyl voedselverwerker meng totdat
‘n bol deeg vorm. Draai toe in kleefplastiek en plaas in yskas vir 30 minute. Rol deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak. Druk uit met ‘n koekiedrukker. Plaas koekies op ‘n bakplaat wat met gesmeerde bakpapier uitgevoer is.

 

sr0911bak_en_brou05_200w.jpg

STAP 2

Gebruik ‘n kleiner uitdrukker en druk ‘n vorm in die middel van elke koekie uit.

 

 

 

 

sr0911bak_en_brou06_200w.jpg

 STAP 3

Skep die opgekapte lekkers in die gaatjie. Druk ‘n klein gaatjie bo-aan elke koekie met ‘n stokkie sodat jy dit aan die boom kan hang. Bak vir 15 minute.