Foto deur Donna Lewis

Foto deur Donna Lewis

Gebak

Kersie-en-pistasieneut-plaatkoekies

(6 porsies)

  • 250 ml melk
  • 2 eiers
  • 245 g (440 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 250 g kersies, ontpit en fyngekap
  • 100 g pistasieneute, fyngekap
  • sonneblomolie vir braai
  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 100 ml heuning

Meng melk en eiers in ’n middelslag-mengbak. Voeg meel, bakpoeier, kersies en neute by. Meng goed tot gladde beslag. Verhit bietjie olie in ’n pan tot matig warm. Skep lepels vol van die beslag in die pan. Laat stadig braai tot die bokant van elke koekie vol lugborrels is wat bars op die oppervlak. Draai om en laat verder braai tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met jogurt en heuning.