sr1304_hoofkos_5_
Gebak

Klam sjokoladekoek

(genoeg vir 1 x 22 cm-koek)

  • 1 x 250 g-sakkie Tenniskoekiekrummels
  • 80 g (85 ml) botter
  • 100 g melksjokolade, fyngekap

Vulsel

  • 200 g donkersjokolade van goeie gehalte, fyngekap
  • 180 g botter
  • 4 eiers
  • 180 g (310 ml) Muscovado-suiker
  • 250 ml dubbeldik room
  • ekstra kakao vir oorsif
  • vars bessies en room

Plaas koekiekrummels, botter en sjokolade in bak en smelt op 50% hitte in jou mikrogolfoond. Roer tot gemeng. Voer 22 cm losboom-koekpan met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Gooi krummels in pan en voer bodem en rande met kors uit.

Vulsel

Verhit oond tot 180 °C. Bring pot met water tot kookpunt. Plaas glasbak met sjokolade en botter boop en roer tot gesmelt. Verwyder van hitte. Klits eiers en suiker tot dik en romerig, sowat 5 minute. Klits room by. Hou aan met klits terwyl jy sjokolademengsel byvoeg. Gooi mengsel in kors en bak vir sowat 45 – 60 minute of tot mengsel gestol is. Haal uit oond en laat effens afkoel. Laat verder afkoel in yskas tot heeltemal gestol. Verwyder uit pan en sif ekstra kakao oor. Sit voor met vars bessies en dik room.