Gebak

Klapper-kolwyntjies

(12 kolwyntjies)

  • 1 x basiese resep (basiese vanilje-kolwyntjie)
  • 120 g (375 ml) fyn klapper
  • 5 ml amandelgeursel versiersel
  • 1 x basiese vanieljeversiersel (versiersel)
  • 40 g (125 ml) fyn klapper
  • 100 g klapperskaafsels

Volg aanwysing vir basiese resep se beslag. Roer klapper en amandelgeursel by. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen
skoon uitkom. Haal uit en laat afkoel voor jy die kolwyntjies versier. Meng basiese vanieljeversiersel met fyn klapper. Gebruik ‘n groot lepel en skep op kolwyntjies. Smeer in ‘n mooi patroon. Sprinkel klapperskaafsels oor.