Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS APR/MEI 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APR/MEI 2014

Gebak

Klapper-roomhorinkies

My ouma het hierdie horinkies altyd vir ons gemaak. Sy het dit gevul met room – ek voeg geroosterde klapper by.

Genoeg vir 8 horinkies
• 1 rol (400 g) blaardeeg
• 1 eier, geklits
• 80 g (250 ml) klapper
• 250 ml room
• 15 g (30 ml) versiersuiker

Verhit oond tot 200 °C. spuit 8 metaalhorinkievorms met kleefwerende kossproei. sny die blaardeeg in lang repe van 2 cm breed. Draai deeg om horinkies en verf met geklitste eier. Plaas op ’n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Plaas in oond en bak 30 – 35 minute tot deeg goudbruin en bros is. haal uit oond en verwyder die metaal-horinkies. Plaas deeg-horinkies weer op die bakplaat en plaas vir sowat 3 minute terug in die oond om horinkies aan die binnekant ook bros te kry. Laat afkoel. gooi klapper in ’n kleefvrye pan en plaas op warm stoofplaat. roer heeltyd tot klapper goudbruin gerooster is. gooi uit op ’n bord en laat afkoel. gooi room en versiersuiker in ’n mengbak en klop styf. hou sowat 30 ml geroosterde klapper eenkant en vou res in die room in. vul ’n spuitsak met room en vul die horinkies. Sprinkel res van klapper bo-op die room.