Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Klapperkoek

20 cm-koek

  • 100 ml koue water
  • 25 g (75 ml) droë klapper
  • 180 g (320 ml) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 3 eiers, geskei
  • 160 g (200 ml) suiker
  • 100 ml sonneblomolie
  • 5 ml amandelgeursel

Verhit oond tot 180 ºC. Week klapper in koue water vir 30 minute. Voer twee 20 cm koekpanne met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klits eiergele in elektriese menger en voeg suiker bietjie vir bietjie by terwyl jy heeltyd klits. Klits tot lig en romerig. Vou gesifte droë bestanddele om die beurt saam met olie en geursel by. Klits eierwitte tot styf en vou versigtig in mengsel. Verdeel tussen koekpanne en plaas in warm oond. Bak vir 25 minute. Toets met dun pennetjie om seker te maak die koek is gaar. Keer versigtig uit op afkoelrak en laat afkoel. Wenk Die panne moet met bakpapier uitgevoer word, anders gaan die koeke onder vassit weens die klapper wat daarin is.

Versiersel
Wanneer jy die mengsel meng, gaan dit baie dik lyk, maar wanneer dit verhit word, sal die suiker wel smelt en dit meer loperig maak.

  • 3 eiergele
  • 160 g (200 ml) suiker
  • 80 g (250 ml) droë klapper
  • 75 ml melk
  • 3 ml vanieljegeursel
  • 250 g laevet-roomkaas
  • fyngerasperde skil van 2 lemmetjies

Meng eiergele, suiker, klapper, melk en geursel saam in ’n kastrol. Bring tot kookpunt oor lae hitte terwyl jy roer. Die mengsel moet dik kook – byna die dikte van pap. Laat afkoel en voeg roomkaas by. Meng goed. Smeer van vulsel op een laag en plaas die ander koek bo-op. Smeer res van versiersel bo-op en sprinkel lemmetjieskil oor.

  • Gerda van Schalkwyk

    Op watter stadium moet die klapper geweek in melk by die res van die bestandele in die Klapperkoek gevoeg word? Geen melding word in metode hieroor gemaak nie….

  • lisa oosthuizen

    gerda wanneer het jy toe die klapper bygevoeg