Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Klapperkoekies

sowat 60 koekies

  • 250 g sagte botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 2 eiers
  • 80 g (250 ml) droë klapper
  • 480 g (860 ml) bruismeel
  • 1 ml sout

Verhit oond tot 190 °C. Room botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en meng goed ná elke byvoeging. Voeg klapper by en meng goed. Sif meel en sout saam. Voeg by bottermengsel en meng goed. Verdeel deeg in twee en vorm twee lang worse van so 5 cm in deursnee. Maak elke rol toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir minstens 1 uur lank. Voer bakplate uit met bakpapier. Sny deegrol in snye van so 5 mm dik en pak op bakplaat. Plaas in warm oond en bak vir sowat 15 minute tot gaar. Laat afkoel op afkoelrak.

Versiersel

  • 200 g witsjokolade
  • 100 g klapper-skaafsels OF 80 g (250 ml) droë klapper

Plaas sjokolade in bak wat oor kastrol met kookwater pas. Smelt sjokolade. Doop helfte van koekie in sjokolade en doop dan in droë klapper of klapper-skaafsels. Plaas op bakpapier tot droog. Bêre koekies in lugdigte houer.