Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Klappertert

26 x 5 cm-tert

  • 1 vel (400 g) blaardeeg
  • 4 eiers
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 45 g (50 ml) sagte botter
  • 1 ml sout
  • 240 g (750 ml) droë klapper
  • 3 ml vanieljegeursel
  • 1 geklitste eier

Verhit oond tot 200 ºC. Voer ’n 26 x 5 cm- gesmeerde tertbak uit met blaardeeg. Klits eiers, suiker en sagte botter saam tot lig en romerig. Voeg sout, klapper en geursel by en meng goed. Skep vulsel in uitgevoerde tertbak. Vou die deeg wat bo die vulsel uitsteek bo-op vulsel en verf met geklitste eier. Plaas in warm oond en bak vir 10 minute. Verlaag die temperatuur na 180 ºC en bak verder vir nog sowat 30 – 35 minute. Laat afkoel en sif ’n klein bietjie versiersuiker al om die rand van die tert en sit voor saam met styfgeklopte room.