Foto deur Micky Hoyle

Gebak

Klein pannekoekkoekies met grondboontjiebotter-vulsel

(15 Koekies)

Grondboontjiebottervulsel

  • 105 ml (7 eetlepels) gladde grondboontjiebotter
  • 250 g roomkaas
  • 100 ml versiersuiker, gesif

Meng alle bestanddele goed saam.

Sjokolade-pannekoekies

(30 Pannekoekies)

  • 115 g (205 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 30 ml kakao
  • 3 eiers, geskei
  • 140 ml melk

Verhit oond tot 180 ºC. Sif meel, bakpoeier en kakao saam. Klits eiergele en melk saam. Maak holte in middel van droë bestanddele en voeg eiermengsel by. Klits goed en maak seker daar is geen klonte nie. Klits eierwitte styf en vou versigtig in beslag. Skep beslag in whoopie pie-pannetjie. Plaas in oond en bak 3 – 4 minute. Haal uit en laat sowat 1 minuut in pannetjie afkoel. Haal versigtig uit en laat op afkoelrak afkoel. Smeer van die grondboontjiebotterversiersel bo-op ’n pannekoekie en maak toe met nog een. Sif ’n bietjie kakao oor.

Om te weet
Wat is ’n whoopie pie? Dit word as die nuwe kolwyntjie beskryf. Dit lyk soos ’n droë koekie, maar dit word met koekbeslag gebak en dis sag.